Aspalathus aciloba is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Bredasdorp tot by Kaap Agulhas voor waar dit deel van die fynbos en strandveld is. Die plant het 'n voorkomsgebied van 426 km² en word bedreig deur ontwikkeling by Struisbaai, Kaap Agulhas en Arniston. Daar is ook 'n steengroef by Bredasdorp wat 'n bedreiging is. Gewasverbouing en indringerplante is ook 'n bedreiging.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

aciloba Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika