Aspalathus acutiflora is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos en strandveld. Dit kom by Stilbaai en Albertinia voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4008 km² en daar is tien gefragmenteerde subpopulasies oor. Die plant word bedreig deur dekgras verbouing, veral by Albertinia, en indringerplante soos die Acacia-spesies.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
acutiflora Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika