Aspalathus wurmbeana is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die renosterveld-plantegroei. Dit kom van Gifberg tot by die Paarl voor en het 'n voorkomsgebied van 1550 km². Die plant het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan die aanlê van wingerde, sitrus-boorde en rooibostee. Die oorblywende ses subpopulasies word ook nou bedreig deur indringerplante.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

wurmbeana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika