Aspalathus vulpina is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Dit kom op die noordelike hellings van die Langeberg voor en het 'n voorkomsgebied van kleiner as 40 km². Ten minste 10% van die plant se habitat het verlore gegaan aan weivelde, indringerplante en oorbeweiding. Die bedreigings bestaan steeds. Daar is minder as tien subpopulasies oor en die totale populasie word as minder as 10 000 geskat.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
vulpina Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika