Aspalathus acanthiloba is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Kaap Hangklip tot by Gordonsbaai voor waar dit deel is van die fynbos. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 50 km² en word bedreig deur ontwikkeling, onbeheerde veldbrande en indringerplante.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
acanthiloba Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika