Dr Michelle Jennifer Groome is 'n mediese dokter wat in openbare gesondheid gespesiliseer het. Sy is Hoof van die Afdeling Openbare Gesondheidstoesig en Reaksie aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en is Senior Navorser, Skool vir Patologie, Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Universiteit van die Witwatersrand, waar sy doseer en oor nagraadse studente toesig hou. Sy was voorheen Senior Navorser en hoof aan die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se Respiratoriese en Meningeale Patogene Navorsingseenheid. Sy het meer as 15 jaar ondervinding op die gebied van aansteeklike siektes en entstofkunde en was betrokke by die uitvoer van kliniese entstofproewe, respiratoriese en diarreesiektes-toesigprogramme en waarnemingstudies wat die impak, doeltreffendheid, immunogenisiteit en veiligheid van entstowwe in Suid-Afrika bepaal.
Opvoeding duimnael|Rekenaargesteunde rekonstruksie van 'n rotavirus, deels onderwerp van dr Groome se PhD-proefskrif Groome het in 1991 aan die Pretoria High School for Girls gematrikuleer, met onderskeidings in al haar vakke. In 1997 het sy haar mediese doktersgraad (MBBCh) met lof (cum laude) aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Groome het 'n diploma in kindergesondheid aan die Kolleges van Geneeskunde Suid-Afrika in 1999 voltooi. In 2010 het sy haar meestersgraad (MSc (Med)) in Epidemiologie en Biostatistiek en in 2016 haar doktersgraad in Openbare gesondheid, beide aan die Universiteit van die Witwatersrand, voltooi. Haar MSc-proefskrif, "The burden of severe acute gastroenteritis and risk factors with poor outcome in a cohort of Sowetan children under five years of age" is in 2010 voltooi. Haar PhD-proefskrif, "Rotavirus Vaccine and Diarrhoeal Morbidity in South Africa", is onder toesig van prof. Shabir Madhi voltooi.
Loopbaan Nadat sy haar PhD voltooi het, het Groome een jaar as 'n "Great Leap Forward"-genoot deurgebring. Groome was 15 jaar lank, begin in 2005, by die Respiratoriese en Menigeale Patogene Navorsingseenheid van die Universiteit van die Witwatersrand. In Mei 2005, is sy aangestel as Navorsings Mediese Beampte by Chris Hani Baragwanath-hospitaal en in 2010 is sy bevorder tot Senior Kliniese Navorser / Mediese Epidemioloog. In Januarie 2021 is Groome aangestel as Hoof van die Afdeling Openbare Gesondheidstoesig en -reaksie aan die NIOS.
Gedurende haar loopbaan het sy meer as 100 artikels in wetenskaplike tydskrifte gepubliseer, en was 'n gereelde aanbieder by plaaslike en internasionale konferensies.
Toekennings Groome het baie toekennings en erkenning ontvang vir haar bydraes tot die mediese wetenskap, insluitend die 2016 Opkomende wêreldleier-toekenning van die Fogarty International Center en het navorsingsbefondsing van hulle ontvang. In 2017 het sy die gesogte Nagraadse Graad-toekenning (PhD) van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by WITS ontvang. Die Silwer wetenskaplike meriete-toekenning 2017 van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad is aan haar toegeken. In 2018 is sy met 'n Nasionale Navorsingstigting-gradering C1 toegeken.
Geselekteerde publikasies Groome het meer as 100 artikels in wetenskaplike tydskrifte gepubliseer, insluitend:
Verwysings
Eksterne skakels Michelle Groome se publikasies geïndekseer deur Google Scholar Michelle Jennifer Groome se profiel op ResearchGate
Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici