Gouetee (Aspalathus pendula) is 'n struik of 'n boom wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit kom by Piketberg, Sederberg en noordwes in die Olifantsrivierberge. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2306 km² maar het reeds habitat afgestaan aan die aanplant van rooibostee en gewasverbouing. Indringerplante het ook 'n bedreiging geraak.
Die plant word ook boomtee genoem, dit word groot en het 'n FSA-boom nommer:225.11https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
pendula Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika