Aspalathus lebeckioides is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit plant kom van Mamre tot by die Kaapse Skiereiland en die Agulhasvlakte voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 7 800 km² en daar is tans tien subpopulasies bekend. Die plant word bedreig deur gewasvebouing, voorstedelike ontwikkeling, indringerplante en steengroef werke.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

lebeckioides Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika