Aspalathus rosea is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos. Dit plant kom van die Botrivier tot by Elim voor en het 'n voorkomsgebied van 1400 km². Die plant het 50% van sy habitat afgestaan aan wingerde en graanverbouing die afgelope 45 jaar. Daar is sewe gefragmenteerde subpopulasies oor wat bedreig word deur verdere landbou aktiwiteite, oorbeweiding en indringerplante.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

rosea Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika