Aspalathus acanthophylla is 'n struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die renosterveld-plantegroei. Dit kom van Hopefield tot by Tygerberg voor en het 'n voorkomsgebied van 1350 km² en daar is nege subpopulasies. Die plant het reeds 70% van sy habitat die afgelope 70 jaar aan gewasverbouing afgestaan, veral by Malmesbury en Durbanville. Indringerplante en onbeheerde veldbrande is 'n bedreiging.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

acanthophylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika