Daubenya zeyheri is 'n bolagtige geofiet wat deel van die Asparagaceae familie is. Die spesie is endemies is aan die Wes-Kaap. Dit kom van Paternoster tot by Langebaan voor en is deel van Saldanhabaai se strandveld. Die plant het 'n voorkomsgebied van 207 km². Aanvanklik was daar net drie subpopulasies bekend maar na 'n ondersoek is nog sewe gevind. Die populasie word op 6 500 plante geskat en word bedreig deur menslike ontwikkeling aan die kus.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
Kategorie:Blomme zeyheri Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika