duimnael Die X-Men-rolprentreeks is 'n reeks lewendige aksierolprente wat gemaak is van die superheldgroep X-Men van die Marvel Comics-strokiesverhale. Die karakters is ontwikkel deur Stan Lee en Jack Kirby. Die rolprente word almal deur 20th Century Fox vervaardig.
Geskiedenis In 1994 het 20th Century Fox die filmregte vir die X-Men-strokiesprente en -karakters gekoop. Regisseur Bryan Singer is gehuur om die eerste rolprent te regisseer. Dit is vrygestel in 2000. Singer het ook die regie van die opvolg, X2, wat in 2003 verskyn het, behartig. Hy het egter nie sy kontrak vir 'n uiteindelike derde en vierde rolprent hernu nie, aangesien hy op Superman Returns wou fokus. Brett Ratner het die regie oorgeneem vir die derde film, X-Men: The Last Stand (2006). Die twee X-Men films van Singer was albei lokettreffers en is geprys vir hul donker, realistiese ondertone. Ratner se film, aan die ander kant, het minder lof ontvang.
Na hierdie trilogie het ander films daaruit voortgevloei. Die eerste, X-Men Origins: Wolverine (2009), is geregisseer deur Gavin Hood en fokus op die verlede van die karakter Wolverine. Die opvolg, X-Men: First Class (2011), wentel om die verlede van Charles Xavier en Magneto. The Wolverine (2013), het 'n opvolg van The Last Stand geword, X-Men Origins: Wolverine het swak gevaar en gemengde reaksies gekry, maar First Class en The Wolverine is weer goed ontvang deur beide kritici en die publiek.
Deadpool is in Februarie 2016 vrygestel. Hierdie rolprent het 'n laer produksiebegroting ($58 miljoen) as vorige rolprente ontvang, maar was 'n reuse sukses, beide krities en kommersieel. Deadpool, met meer as $780 miljoen se inkomste wêreldwyd, het die meeste van alle X-Men-rolprente ingesamel.
X-Men: Apocalypse, wat in Mei 2016 vrygestel is, was 'n storielyn-opvolger van X-Men: Days of Future Past.
By CinemaCon 2019 is amptelik aangekondig dat X-Men: Dark Phoenix die finale film oor die avonture van die X-Men sal wees. Daarna het Emma Watts, Fox se uitvoerende direkteur, bevestig dat The New Mutants die laaste in die filmreeks sal wees. Alhoewel hierdie film aanvanklik veronderstel was om die eerste deel van 'n trilogie te wees, is die oorblywende twee films gekanselleer met Disney se verkryging van 20th Century Fox.
Met 12 rolprente tot dusver en 'n totale inkomste van $6 miljard wêreldwyd, kom die X-Men-filmreeks agtste op die lys van filmreekse met die hoogste inkomste ooit.
Verwysings
Kategorie:Rolprentreekse