Daubenya stylosa is 'n bolagtige geofiet wat deel van die Asparagaceae familie is. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap. Dit kom op die Roggeveldberge-eskarp voor en het 'n voorkomsgebied van slegs 23 km² en is deel van die renosterveld-plantegroei. Die spesie het reeds sewentien persent van sy habitat verloor aan gewasverbouing. Die plant word bedreig deur gewasverbouing en oorbeweiding deur vee.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

stylosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika Kategorie:Blomme