Haworthiopsis woolleyi is 'n vetplant wat tot die genus Haworthiopsis behoort en is endemies aan die Oos-Kaap. Die spesie kom by Steytlerville voor. Die enigste populasie kom hier voor oor 'n gebied van 10 km². Dit word bedreig deur oorbeweiding en vertrapping deur vee asook onwettige verwydering deur handelaars. Die spesie groei stadig en word met moeite gekweek.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
woolleyi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika