Die kleinkanniedood (Haworthiopsis venosa) is 'n vetplant wat tot die genus Haworthiopsis behoort en is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die Renosterveld-plantegroei. Dit kom in die Breederiviervallei tussen Swellendam en Malgas voor. Daar is drie subpopulasies wat in totaal uit minder as 1 000 plante bestaan. Die spesie word bedreig deur oorbeweiding, vertrapping, gewasverbouing (koring) en padkonstruksie.

Galery

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online

venosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika