Die Kampioenetrofee 2025 (Arabies: كأس أبطال المجلس الدولي للكريكيت 2025; Engels: 2025 ICC Champions Trophy; Oerdoe: 2025ء آئی سی سی چیمپئنز ٹرافی) is van 19 Februarie tot 9 Maart 2025 in Pakistan en, vanweë Indië se boikot van Pakistan, die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die negende Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste vir albei gashere. Die medegasheer Pakistan was ook die verdedigende kampioen, nadat hulle die vorige Kampioenetrofee 2017 gewen het. Die Kampioenetrofee 2025 het agt jaar ná die vorige toernooi plaasgevind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie in dié tyd. Die oorspronklik beplande 2021-toernooi is met die T20I-wêreldbeker 2021 vervang. Dit was ná die T20I-wêreldbeker 2021, wat saam met Oman aangebied is, en die T20I-vrouewêreldbeker 2024 die derde vername kriekettoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate.

duimnael|links|upright|Die Kampioenetrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2009, 2013 en 2017 het onveranderd gebly en die gasheer Pakistan het saam met die sewe beste nasionale spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 aan die Kampioenetrofee 2025 deelgeneem: Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Tydens die Kampioenetrofee 2025 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Australië geklop en Nieu-Seeland vir Suid-Afrika, waardeur Indië en Nieu-Seeland mekaar in die eindstryd herontmoet het. In die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai het Indië Nieu-Seeland met vier paaltjies verslaan en sodoende sy derde Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007 en 2024, asook die Kampioenetrofeë in 2002 (gedeel met Sri Lanka) en 2017 was dit Indië se sewende internasionale kriekettitel. Die medegasheer en verdedigende kampioen Pakistan is reeds in die groepfase uitgeskakel. Doebai het ná die T20I-wêreldbeker 2021- en die T20I-vrouewêreldbeker 2024-eindstryd die derde eindstryd van ’n vername IKR-toernooi gehuisves, waarmee dit die eerste stad in ’n assosiaatlid van die IKR geword het wat drie vername krieketeindstryde gehuisves het.

Die Kampioenetrofee 2025 was die mees gesiene Kampioenetrofee in dié tyd en het die vorige 2017-toernooi se rekord met 19 persent oortref. Dit het ook die Krieketwêreldbeker 2023 se aantal televisiekykers met 23 persent oortref.

Toewysing In 2016 het die IKR aangekondig dat hulle met die Kampioenetrofee ná die 2017-toernooi weg sou doen. Die IKR se doelwit was om vir elk van die drie formate slegs een toernooi te hê. Volgens die vierjaarsiklus van 2009 af sou die negende Kampioenetrofee in 2021 in Indië beslis word, maar dié toernooi is om organisatoriese redes vervang met die T20I-wêreldbeker 2020, wat weens die wêreldwye Covid-19-pandemie met een jaar uitgestel en na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif is. Ná dié toernooi het die IKR egter aangekondig dat die Kampioenetrofee van 2025 af weer aangebied sal word. In dieselfde maand is die Kampioenetrofee 2025 deur die Internasionale Krieketraad aan Pakistan toegewys. Dit was die eerste belangrike toernooi in Pakistan sedert die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan, aangesien dit ná dié aanval van sy gasheerregte vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem is. Die laaste vername toernooi in Pakistan was die Krieketwêreldbeker 1996 wat hulle saam met Indië en Sri Lanka aangebied het.

Die Indies-Pakistanse krieketmededinging is erg geraak deur die gespanne bilaterale verhouding tussen dié twee lande. In November 2023 het die Pakistanse Krieketraad vergader met die IKR se uitvoerende raad om ’n vergoeding te bespreek indien Indië sou weier om in Pakistan te speel. ’n Jaar later het die Raad vir Beheer van Krieket in Indië die IKR daaroor ingelig dat Indië vir die toernooi nie na Pakistan sou reis nie en veiligheidskwessies aangevoer. Pakistan het ’n skriftelike verduideliking geëis en aanvanklik die voorgestelde hibriede model verwerp.

Op 19 Desember 2024, ná ’n ooreenkoms tussen die Raad vir Beheer van Krieket in Indië en die Pakistanse Krieketraad, het die Internasionale Krieketraad ’n hersiening uitgereik oor die toernooie wat deur Indië en Pakistan aangebied is, waarvolgens die Kampioenetrofee 2025 in Februarie en Maart 2025 in Pakistan en op ’n neutrale plek beslis is. Slegs die wedstryde wat Indië betrek het, is in die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Die IKR het bevestig dat Indië en Pakistan se wedstryde in mekaar se lande tussen 2024 en 2027 op neutrale plekke gehuisves sal word. Dit was van toepassing op die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 (in Indië) en die T20I-wêreldbeker 2026 (in Indië en Sri Lanka). Daar is ook aangekondig dat Pakistan die T20I-vrouewêreldbeker 2028 aanbied, waartydens Indië sy wedstryde ook op ’n neutrale plek speel. Saam met die T20I-vrouewêreldbeker 2024 was dit een van twee vername internasionale kriekettoernooie wat binne ses maande in die Verenigde Arabiese Emirate beslis is. Vier jaar voorheen het die Verenigde Arabiese Emirate saam met Oman die T20I-wêreldbeker 2021 vir mans aangebied, wat uit Indië verskuif is weens die Covid-19-pandemiesituasie in dié land. Daarmee het dit die eerste assosiaatlid van die IKR geword wat drie vername kriekettoernooie gehuisves het.

Deelnemers Agt spanne het aan die Kampioenetrofee 2025 deelgeneem.

Kwalifiserende spanne Die beste sewe spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 het saam met die gasheer Pakistan regstreeks gekwalifiseer. Hulle was Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Die voormalige kampioen Sri Lanka kon vir die eerste keer nie vir ’n Kampioenetrofee kwalifiseer nie, terwyl Afghanistan wél en vir die eerste keer daarin kon slaag. Afghanistan, wat Sri Lanka vervang het, was die enigste verandering in die agt-span-lys van die Kampioenetrofee 2017. Die wedstrydskedule en groepe is op 24 Desember 2024 bekend gemaak. Aangesien Wes-Indië nie vir die Krieketwêreldbeker 2023 kon kwalifiseer nie, het hulle ook die Kampioenetrofee 2025 misgeloop. Daarmee was dit die eerste Kampioenetrofee wat twee voormalige kampioene misgeloop het en ná die Kampioenetrofee 2017 ook die tweede sonder ’n span van die Amerikas. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam tien spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerNegende2017Kampioen (2017)RegstreeksEerste –DebuutNegende2017Kampioen (2006, 2009)Sesde20179de plek (2000, 2006)Negende2017Naaswenner (2004, 2013)Negende2017Kampioen (2002, 2013)Negende2017Kampioen (2000)Negende2017Kampioen (1998)

Stadions In Desember 2022 het die Pakistanse Krieketraad toestemming ontvang van die Pakistanse regering vir die oprigting van ’n nuwe krieketstadion in Islamabad vir die toernooi. Op 28 April 2024 het die Pakistanse beheerliggaam egter drie bestaande stadions vir die toernooi voorgestel. Die meeste wedstryde is in Karatsji, Lahore en Rawalpindi aangebied, terwyl Indië sy hele toernooi in Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel het.

Karatsji Lahore Rawalpindi Doebai Nasionale stadion Gaddafistadion Rawalpindi-krieketstadion Doebai Int’l Krieketstadion Kapasiteit: 34 238 Kapasiteit: 27 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 25 000 150px 150px 150px 150px

Formaat Die Kampioenetrofee 2025 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 19 Februar 2025 op die Nasionale stadion in Karatsji, Pakistan, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Pakistan en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, op 9 Maart met die eindstryd tussen Indië en Nieu-Seeland, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009, 2013 en 2017 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2025 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseFebruarie/MaartWo19Do20Vr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa1So2Groep A | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1Groep B

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 |UitklopfaseMaartMa3Di4Wo5Do6Vr7Sa8So9Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Kampioenetrofee 2025 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. In die geval van ’n gelykop (d.w.s. as albei spanne die gelyke aantal lopies aan die einde van hul onderskeidelike kolfbeurt aangeteken het), is die wedstryd deur ’n superboulbeurt beslis. Dit was van toepassing in alle fases van die toernooi. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n superboulbeurt beslis.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Paul Reiffel (Australië) Rod Tucker (Australië) Sharfuddoula (Bangladesj) Michael Gough (Engeland) Richard Illingworth (Engeland) Richard Kettleborough (Engeland) Alex Wharf (Engeland) Chris Gaffaney (Nieu-Seeland) Ahsan Raza (Pakistan) Kumar Dharmasena (Sri Lanka) Adrian Holdstock (Suid-Afrika) Joel Wilson (Wes-Indië)

Wedstrydbeamptes David Boon (Australië) Ranjan Madugalle (Sri Lanka) Andy Pycroft (Zimbabwe)

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Vir wedstryde tydens die groepfase is geen reserwedae in die geval van slegte weer opsy gesit nie.

Groep A Span33006+0.71532104+0.26730211—0.44330211—1.087

Groep B Span32015+2.39531024+0.47531113—0.99030300—1.159

Uitklopfase