Die Kraaibergpas is ‘n pas in die Sederberge.

Hierdie pas is by 32° 11′ suid, 19° 12′ oos, aan die suidekant van die Biedouwvallei en op die ou posroete oor die Tra-Tra-berge tussen Elandsvlei in die Tankwa-Karoo en Wupperthal.

Die kronkelende grondpad oor die Kraaiberg is eintlik slegs vir viertrekvoertuie geskik. Dit bereik ‘n maksimum helling van 1:5 en ‘n hoogte van 793 m bo seevlak.

Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Bibliografie Slingsby, Peter: Tankwa-Karoo & the Roggeveld Escarpment. Slingsby Maps, 2018. www.slingsbymaps.com

Eksterne skakels Kraaibergpas op www.mountainpassessouthafrica.co.za

Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika