Bulbine rhopalophylla is 'n plant en geofiet wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die spesie is inheems aan Namibië en die Noord-Kaap. Dit kom in die Sperrgebiet en Gariepriviervallei voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2,427 km² en daar is minder as vyf subpopulasies. Die plant word bedreig deur oopgroef mynbou aktiwiteite en sand wat deur die wind gewaai word vanaf sandhope wat deur die mynbou gevorm word. Tussen Alexanderbaai en Kortdoring word die plante bedreig deur oorbeweiding en vertrapping.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

rhopalophylla Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika