Die Kampioenetrofee 2017 (Engels: 2017 ICC Champions Trophy) is van 1 tot 18 Junie 2017 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die agtste Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die derde in Engeland. Dié land het voorheen die 2004-toernooi aangebied en saam met Wallis die vorige Kampioenetrofee 2013.

duimnael|links|upright|Die Kampioenetrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2009 en 2013 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2017 deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Tydens die Kampioenetrofee 2017 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Bangladesj, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Bangladesj geklop en Pakistan vir Engeland, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan mekaar in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval in Londen het Pakistan die verdedigende kampioen Indië met 180 lopies verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1992 en die T20I-wêreldbeker 2009 was dit Pakistan se derde internasionale kriekettitel. Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Die laaste Kampioenetrofee sou oorspronklik in 2013 aangebied word en dié toernooi sou van 2017 af met die Wêreldtoetskampioenskap vervang word. In Januarie 2014 is dié plan egter herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is. In 2016 het die Internasionale Krieketraad aangekondig dat die Kampioenetrofee na 2017 geskrap sal word om aan die IKR se doelwit te voldoen om vir elke krieketformaat een toernooi te hê. In November 2021 het die IKR egter bekend gemaak dat die Kampioenetrofee in 2025 weer sal plaasvind en in Pakistan aangebied word.

Oorspronklik was in die tydstip die Wêreldtoetskampioenskap in Engeland beplan. Nadat daar nie op ’n geskikte formaat vir dié toernooi besluit kon word nie, is in Februarie 2014 aangekondig om nog ’n Kampioenetrofee aan te bied. In aanloop tot die toernooi het daar ’n konflik ontstaan binne die IKR oor die verdeling van die finansiële middele, met Indië wat gedreig het om toekomstige IKR-toernooie soos die Kampioenetrofee te boikot. Vervolgens het die Indiese beheerliggaam Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) die sperdatum vir die indiening van die Indiese span laat verstryk. Ná twee weke se vertraging en op druk deur mediavennote het die BCCI wel ’n span vir die toernooi bekend gemaak.

Toewysing Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2017 aangewys.

Deelnemers Die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys soos op 30 September 2015 het vir die Kampioenetrofee 2017 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Bangladesj, wat Wes-Indië vervang het, is die enigste verandering in die agt-span-lys van die Kampioenetrofee 2009 en 2013. Die wedstrydskedule en groepe is op 1 Junie 2016 bekend gemaak. Wes-Indië en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2017 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie. Pakistan se kwalifisering pleks van Wes-Indië was nie onomstrede nie, aangesien Pakistan homself op kort termyn uit ’n driehoekige toernooi met Wes-Indië en Zimbabwe onttrek het, waarin Wes-Indië die kans gehad het om Pakistan verby te steek en nog vir die Kampioenetrofee 2017 te kwalifiseer. Daarmee was dit die eerste Kampioenetrofee wat ’n voormalige kampioen misgeloop het en ook die eerste sonder ’n span van die Amerikas.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam tien spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerAgtste2013Naaswenner (2004, 2013)EDI-ranglys op30 September 2015Agtste2013Kampioen (2006, 2009)Vyfde20069de plek (2000, 2006)Agtste2013Kampioen (2002, 2013)Agtste2013Kampioen (2000)Agtste20133de plek (2000, 2009)Agtste2013Kampioen (2002)Agtste2013Kampioen (1998)

Stadions Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2017 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied. Op 17 Desember 2014 is aangekondig dat dieselfde stadions soos tydens die vorige 2013-toernooi gebruik sal word. Aangesien in dieselfde tydstip in Cardiff ook die UEFA Champions League 2016/17-eindstryd beslis is, het dié stadion een wedstryd miner as in 2013 gehuisves.

Birmingham Cardiff Londen Edgbaston Sophia Gardens The Oval Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 15 634 Kapasiteit: 27 500 150px 150px 150px

Formaat Die Kampioenetrofee 2017 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 1 Junie 2017 op The Oval in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Bangladesj begin. Die toernooi het geëindig op dieselfde stadion op 18 Junie met die eindstryd tussen Indië en Pakistan, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009 en 2013 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2017 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieDo1Vr2Sa3So4Ma5Di6Wo7Do8Vr9Sa10So11Ma12Groep A | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | |Groep B

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1

| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1UitklopfaseJunieDi13Wo14Do15Vr16Sa17So18Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Kampioenetrofee 2017 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.

Betrokkenes Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van twaalf skeidsregters en drie wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Bruce Oxenford (Australië) Paul Reiffel (Australië) Rod Tucker (Australië) Ian Gould (Engeland) Richard Illingworth (Engeland) Richard Kettleborough (Engeland) Nigel Llong (Engeland) Sundaram Ravi (Indië) Chris Gaffaney (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Kumar Dharmasena (Sri Lanka) Marais Erasmus (Suid-Afrika)

Wedstrydbeamptes David Boon (Australië) Chris Broad (Engeland) Andy Pycroft (Zimbabwe)

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Groep A Span33006+1.04531113+0.00030122−0.99230211−1.058

Groep B Span32104+1.37032104−0.68031202+0.16731202−0.798

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

Kampioenetrofeewenner 2017

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Kampioenetrofee 2017.

duimnael|400px|Uitslag van die Kampioenetrofee 2017: RangSpanGroep Finaliste 1 B 5 4 0 1 1073 1143 –70 — 8 2 B 5 4 0 1 1256 1279 –23 — 8 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 4 3 0 1 1069 1020 +49 — 6 4 A 4 1 2 1 1019 921 +98 — 3 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 0 2 709 515 +214 +0.167 2 6 B 3 1 0 2 761 857 –96 −0.798 2 7 A 3 0 1 2 413 713 –300 −0.992 2 8 A 3 0 2 1 779 631 +148 −1.058 1

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies: Naam Lopies 1 Shikhar Dhawan 338 2 Rohit Sharma 304 3 Tamim Iqbal 293 4 Joe Root 258 Virat Kohli Meeste paaltjies: Naam Paaltjies 1 Hasan Ali 13 2 Josh Hazlewood 9 3 Junaid Khan 8 Liam Plunkett 5 Adil Rashid 7 Bhuvneshwar Kumar

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Kampioenetrofee 2017 op ESPNcricinfo

Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Geskiedenis van Wallis Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Wallis 2017 Kategorie:Sport in 2017