Die T20I-wêreldbeker 2021 (Engels: 2021 ICC Men’s T20 World Cup) is van 17 Oktober tot 14 November 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die sewende T20I-wêreldbekertoernooi in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-wêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Wêreldtwintig20 verwys is. Dié toernooi sou oorspronklik van 18 Oktober tot en met 15 November 2020 in Australië aangebied word, maar weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is dit na 2021 uitgestel met Indië as die nuwe gasheer, terwyl die volgende T20I-wêreldbeker 2022 aan Australië toegewys is. As gevolg van die pandemiesituasie in Indië is die 2021-toernooi in Junie 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, met 17 Oktober tot 14 November as die nuwe datums. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka, die 2014-toernooi in Bangladesj en die 2016-toernooi in Indië was dit die vierde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi wat deur Asiatiese lande gehou is. Die T20I-wêreldbeker 2021 het vyf en ’n half jaar ná die vorige T20I-wêreldbeker 2016 plaasgevind, die destyds langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie. Wes-Indië was die verdedigende wêreldkampioen nadat hulle die T20I-wêreldbeker 2016 gewen het.
duimnael|links|upright|Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding is 16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem: Die nege beste toetskrieketlande (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland). Namibië en Papoea-Nieu-Guinee het vir die eerste keer vir ’n T20I-wêreldbekertoernooi gekwalifiseer; vir Namibië was dit ná die Krieketwêreldbeker 2003 hul tweede deelname aan ’n vername IKR-toernooi, terwyl Papoea-Nieu-Guinee aan hul eerste vername internasionale kriekettoernooi deelgeneem het.
Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaaste spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die spanne wat na die Super Twaalf deurgedring het, het ook regstreeks vir die volgende T20I-wêreldbeker 2022 in Australië gekwalifiseer.
Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan geklop en Nieu-Seeland vir Engeland, waardeur twee spanne mekaar in die T20I-wêreldbekereindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Daarbenewens het vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis dié twee Oseaniese spanne – en twee van die Suidelike Halfrond – mekaar in die eindstryd ontmoet. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015, asook tydens die Kampioenetrofeë in 2006 en 2009 was dit Australië se agtste internasionale kriekettitel. Beide die verdedigende wêreldkampioen Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel. Die medegasheer Oman is reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer het nie. Namibië het vir die eerste keer die tweede rondte van ’n IKR-toernooi gehaal, waar hulle ná een oorwinning en vier nederlae uitgeskakel is.
Toewysing Oorspronklik is in Februarie 2015 Australië en Nieu-Seeland as gashere van die T20I-wêreldbeker 2020 aangewys, waarmee dit die eerste T20I-wêreldbekertoernooi in albei lande sou gewees het. Die toernooi sou van 18 Oktober tot 15 November 2020 beslis word. Voor die T20I-vrouewêreldbeker 2018-eindstryd het die IKR aangekondig dat die Wêreldtwintig20 vir beide mans en vroue van 2020 af in T20I-wêreldbeker hernoem sal word om dié toernooi se profiel langs ander IKR-toernooie in ander formate te verhoog (die Krieketwêreldbeker in EDI-krieket en die Wêreldtoetskampioenskap).
In Julie 2020, toe die T20I-wêreldbeker 2020 weens die wêreldwye Covid-19-pandemie hersien is, het die destydse voorsitter van Krieket Australië, Earl Eddings, voorgestel dat Australië die toernooi in Oktober 2021 sal aanbied en Indië een jaar later in 2022. Die IKR het ook bevestig dat óf Australië óf Indië, die gashere van die vir onderskeidelik 2020 en 2021 beplande toernooie, hierdie toernooi sou aanbied. In Augustus 2020 het die Internasionale Krieketraad Indië as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2021 aangewys en Australië as gasheer van die T20I-wêreldbeker 2022.
Weens die Covid-19-situasie in Indië is die T20I-wêreldbeker 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, terwyl Indië egter steeds as nominale gasheer aangebly het. Dit was die eerste internasionale kriekettoernooi wat in beide Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied is, asook die eerste vername kriekettoernooi wat geheel en al deur assosiaatlede van die IKR gehuisves is.
Deelnemers Kwalifisering Die nege beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het saam met die gasheer Indië regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer. Van dié tien spanne is die beste agt spanne in die Super Twaalf geplaas. Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer: Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as beste volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2021 gekwalifiseer. Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Namibië en Papoea-Nieu-Guinee het vir die eerste keer aan ’n T20I-wêreldbekertoernooi deelgeneem. Vir Papoea-Nieu-Guinee was dit die eerste deelname ooit aan ’n vername IKR-toernooi, terwyl Namibië voorheen aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem het. Nadat Zimbabwe weens politieke inmenging deur die Internasionale Krieketraad geskors is, het hulle nie in aanmerking vir die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2021 gekom nie.
In Augustus 2021 is kommer uitgespreek oor die Afghaanse span se deelname aan die T20I-wêreldbeker 2021 weens die Taliban se magsoorname in dié land. Die Afghaanse span se mediabestuurder, Hikmat Hassan, het bevestig dat Afghanistan ondanks die politieke omswaai in dié land wel aan die toernooi sou kon deelneem. Op 6 Oktober 2021 het die Afghaanse span Kaboel verlaat om in Doha, Katar, aan ’n oefenkamp voor die toernooi deel te neem. Die Afghaanse span het wel aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem en voortgegaan om die ou vlag van Afghanistan te gebruik, truie in die driekleurige vlag van die Islamitiese Republiek Afghanistan se kleure swart-rooi-groen te dra en voor elke wedstryd is die ou volkslied Milli Tharana gesing.
Kwalifiserende spanne duimnael|400px|Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2021-kwalifisering; altesaam 71 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerSewende2016Kampioen (2007)IKR se T20I-ranglysVyfde2016Super Tien (2016)Sewende2016Naaswenner (2010)Sewende2016Tweede rondte (2007, 2014, 2016)Sewende2016Kampioen (2010)Sewende2016Halfeindrondte (2007, 2016)Sewende2016Kampioen (2009)Sewende2016Kampioen (2014)Sewende2016Halfeindrondte (2009, 2014)Sewende2016Kampioen (2012, 2016)T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2019Sesde2016Super Agt (2009)Eerste –DebuutVierde2014Super Tien (2014)Tweede2016Eerste rondte (2016)Eerste –DebuutVierde2016Eerste rondte (2007, 2009, 2016)
Stadions Op 17 April 2021 het die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI) aan die Internasionale Krieketraad moontlike gasheerstede vir die T20I-wêreldbeker 2021 voorgestel. Op dié lys was Bangalore, Chennai, Dharamshala, Hyderabad, Kolkata, Lucknow, Mumbai en Nieu-Delhi saam met Ahmedabad wat die eindstryd sou huisves. Op 18 April 2021 is aangekondig dat Pakistan twee van sy groepwedstryde in Delhi sou speel, terwyl Mumbai en Kolkata die halfeindstryde sou huisves. Op 28 Junie 2021 het die destydse president van die BCCI, Sourav Ganguly, bevestig dat weens die Covid-19-pandemie-situasie in dié land die beheerliggaam die IKR amptelik gevra het om die toernooi na die Verenigde Arabiese Emirate te verskuif. Van die wedstryde tydens die eerste rondte sou ook in Oman beslis word. Op 29 Junie 2021 het die IKR bevestig dat die T20I-wêreldbeker 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate aangebied sal word. Tydens die toernooi is vier plekke gebruik: die Doebai Internasionale Krieketstadion, die Sharjah-krieketstadion, die Sheikh Zayed-krieketstadion en die Omaanse Krieketakademieveld. In Julie 2021 het die Tolerance-ovaal in Aboe Dhabi ook op goedkeuring deur die IKR gewag om tydens die toernooi gebruik te word.
Tydens die toernooi is drie Emiratiese stadions en een in Oman gebruik. Altesaam 45 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2021 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Weens die wêreldwye Covid-19-pandemie is die stadions se kapasiteit tydens die toernooi op 70% beperk.
Doebai Sharjah Aboe Dhabi Maskat Doebai Int’l Krieketstadion Sharjah-krieketstadion Sheikh Zayed-krieketstadion Omaanse Krieketakademieveld Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 27 000 Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 3 000 150px 150px 150px
Formaat Die T20I-wêreldbeker 2021 is oor 29 dae tussen 16 verskillende spanne oor 45 wedstryde beslis. Dit het op 17 Oktober 2021 op Omaanse Krieketakademieveld in Maskat, Oman, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Oman en Papoea-Nieu-Guinee begin. Die toernooi het geëindig op Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, op 14 November met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die T20I-wêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die T20I-wêreldbeker 2021 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die Super Twaalf, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiEerste rondteOktoberSo17Ma18Di19Wo20Do21Vr22Groep A | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2Groep B | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 |Super TwaalfOktober/NovemberSa23So24Ma25Di26Wo27Do28Vr29Sa30So31Ma1Di2Wo3Do4Vr5Sa6So7Ma8Groep 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | |Groep 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | | bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1UitklopfaseNovemberDi9Wo10Do11Vr12Sa13So14Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Eerste rondte en Super Twaalf