Clivia caulescens is 'n plant en geofiet wat tot die genus Clivia behoort. Die spesie kom in Eswatini, Mpumalanga en Limpopo voor. Die plant word bedreig deur die oormatige gebruik daarvan deur tradisionele dokters asook die versameling daarvan deur tuinboukundiges. Daar word verwag dat die plant se getalle met 25% gaan afneem oor die volgende 60 jaar.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
caulescens Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika