Die boslelie (Clivia gardenii) is 'n plant en geofiet wat tot die genus Clivia behoort. Die spesie kom in KwaZulu-Natal voor vanaf die Ngomewoude tot by die KwaZulu-Natal Middeland en het 'n voorkomsgebied van 6 900 km². Daar is tans minder as tien subpopulasies en die spesie het 30% van sy habitat verloor die afgelope 90 jaar weens die oormatige gebruik daarvan deur tradisionele genesers asook die versameling daarvan deur tuinboukundiges. Die aanplant van plantasies, gewasverbouing en ontwikkeling is ook bedreigings.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
gardenii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika