Clivia nobilis is 'n plant en geofiet wat tot die genus Clivia behoort. Die spesie kom in die Oos-Kaap voor vanaf die Suurberg, noord van Paterson en Boesmansriviermonding tot by die Qorariviermonding. Die spesie het 30% van sy habitat die afgelope 120 jaar verloor weens die oormatige gebruik daarvan deur tradisionele dokters asook die versameling daarvan deur tuinboukundiges en ontwikkeling aan die kus.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

nobilis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika