Babiana secunda is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Hopefield tot by Paarl voor. Dit vorm deel van die fynbos en renosterveld. Daar is net drie van 47 subpopulasies oor, die res het almal verlore gegaan as gevolg van ontwikkeling op die Kaapse Vlakte en die aanplant van boorde en wingerde in die Swartland. Die oorblywende geskikte renosterveld wat beskikbaar is vir die plant is kleiner as 10 km².
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
secunda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika