Die moord op die Romanofs het in die nag van 16-17 Julie 1918 in Jekaterinburg, Rusland, plaasgevind toe dié land se keiserlike gesin (Nikolaas II, sy vrou, Aleksandra Fjodorowna, en hulle vyf kinders, Olga, Tatjana, Maria, Anastasia en Aleksei) deur Bolsjewistiese rewolusionêre onder Jakof Joerofski doodgeskiet en met bajonette doodgesteek is op bevel van die Oeralse Sowjet.Соколов, Николай Алексеевич (Sokolof, Nikolai A.) Oebijistwo Tsarskoi Semi (Убийство царской семьи). / Slowo-Verlag. Berlyn/ 1925 Saam met hulle is 'n paar lede van die huishouding ook vermoor, onder andere hulle geneesheer, dr. Jewgeni Botkin, Aleksandra se kamerbediende Anna Demidowa, die kok Iwan Charitonof en lyfkneg Alexei Trupp. Die liggame is na die Koptjakiwoud geneem, waar hulle ontklee en begrawe is nadat die liggame met handgranate vermink is om identifikasie te voorkom.Rappaport, p. 198.
In 1919 het die Wit beweging 'n ondersoek gelas na die moorde, maar kon geen grafte kry nie. Die ondersoeker het tot die gevolgtrekking gekom dat die gesin se oorskot by die mynskag Ganina Jama veras is, aangesien tekens van 'n vuur daar gevind is. In 1979 en 2007 is die Romanofs se oorskot in twee ongemerkte grafte in 'n veld met die naam Porosenkof-kloof ontdek. DNS-ontledings het die identiteit van die gesinslede help vasstel; die laaste twee kinders is eers geïdentifiseer nadat hulle oorskot in 2007 in 'n tweede graf ontdek is.
Ná die Februarie-rewolusie is die Romanof-gesin en van hulle bediendes in die Aleksander-paleis in Tsarskoje Selo aangehou voordat hulle na Tobolsk, Siberië, geskuif is. Hulle is daarna na 'n huis in Jekaterinburg, naby die Oeralgebergte, geskuif voordat hulle in Julie 1918 vermoor is, waarskynlik op bevel van Wladimir Lenin.Pringle, p. 261. Die Bolsjewiste het aanvanklik net Nikolaas II se dood aangekondig, hoewel aan hulle gesê is "dieselfde lot het die hele gesin getref".Wendy Slater, p. 153. Volgens die amptelike nuusvrystelling is "Nikolaas Romanof se vrou en seun na 'n veilige plek gestuur".
Volgens die amptelike staatsweergawe van die Sowjetunie is oudtsaar Nikolaas Romanof saam met lede van sy gesin en gevolg op bevel van die Oeralse Sowjet deur 'n vuurpeloton doodgeskiet weens die gevaar dat die stad oorgeneem sou word deur die Wit Leër (Tsjeggo-Slowaakse Legioen).«17/VII 1918 в Екатеринбурге (ныне Свердловск), в связи с угрозой занятия города белыми, по постановлению Уральского областного совета бывший царь Николай Романов вместе с членами его семьи и приближенными был расстрелян». - Groot Sowjet-ensiklopedie (Большая советская энциклопедия) / гл. ред. Otto Schmidt. - Москва : Советская энциклопедия, 1926-. Т. 49: Робер - Ручная граната. - 1941. / статья: «Романовы» / кол. 134«3 (16)/VII 1918 при приближении к Екатеринбургу чехословацких контрреволюционных войск Николай II со всей семьей был расстрелян». Москва : Советская энциклопедия, 1926-. Т. 42: Нидерланды - Оклагома. - 1939. / статья: «Николай II» / кол. 137] Baie navorsers glo Wladimir Lenin, Jakof Swerdlof en Feliks Dzerzjinski het die teregstelling gelas.Robert Gellately. Lenin, Stalin, and Hitler: The Age of Social Catastrophe Knopf, 2007 p. 65.
Meer as agt jaar lankMassie, p. 16. het die Sowjetleiers 'n stelselmatige web van verkeerde inligting oor die lot van die gesin geweef,Rappaport, p. 218. van 'n bewering in September 1919 dat die gesin deur linkse rewolusionêre vermoor is tot 'n algehele ontkenning in April 1922 dat hulle dood is. Die Sowjette het eindelik in 1926 die gesin se dood bevestig ná die publikasie in Frankryk van 'n ondersoek in 1919 deur 'n monargis wat die land verlaat het. Hulle het egter gesê die lyke is vernietig en dat Lenin se kabinet nie verantwoordelik was nie.Massie, p. 19. Dié verslag het gerugte laat ontstaan dat van die lede van die gesin oorleef het.
Die grafte is in 1979 ontdek deur Aleksander Awdonin, 'n amateurspeurder. Die identiteit van die oorskot is later deur forensiese en DNS-toetse bevestig. In 1998, altesaam 80 jaar ná die moorde, is die Romanof-gesin se oorskot in Sint Petersburg begrawe. Die Russies-Ortodokse Kerk was egter steeds skepties oor die identiteit van die betrokkenes.
In 2008, ná 'n lang regstryd, het die kantoor van die Russiese prokureur-generaal die gesin gerehabiliteer as "slagoffers van politieke onderdrukking".Rappaport, Four Sisters (2014), p. 381.
Agtergrond thumb|180px|links|Nikolaas II in 1912.
Op 22 Maart 1917 is keiser Nikolaas II van die troon gesit en het hy doodgewoon "Nikolaas Romanof" geword. Hy het daarna by sy gesin in die Aleksander-paleis in Tsarskoje Selo aangesluit. Die Russiese oorgangsregering het hom en sy gesin in huisarres geplaas en hulle is van toe af deur soldate omring en tot hulle woonkwartier ingeperk.Tames, p. 56.
In Augustus 1917 het Aleksander Kerenski se oorgangsregering die tsaar en sy gesin na Tobolsk in Siberië gestuur ná 'n mislukte poging om hulle na Engeland te stuur, wat deur Nikolaas en Aleksandra se gemeenskaplike neef koning George V regeer is. Dié stap was glo om hulle uit die geweld van die dreigende rewolusie te hou. Daar het hulle taamlik gerieflik gewoon. Nadat die Bolsjewiste in Oktober 1917 aan die bewind gekom het, het die toestande van hulle arres strenger geword. Daar was al hoe meer praatjies in die regering om Nikolaas te verhoor. Nikolaas is verbied om epoulette te dra en die wagte het suggestiewe tekeninge op die heining aangebring om sy dogters aanstoot te gee. Op 1 Maart 1918 is die gesin op soldaatrantsoene geplaas. Hulle 10 bediendes is afgedank en hulle is botter en koffie ontsê.Tames, p. 62.
Terwyl die Bolsjewiste al hoe groter mag gekry het, het die regering Nikolaas, Alexandra en die dogter Maria na Jekaterinburg gestuur onder die leiding van Wasili Jakowlef. Aleksei, wat aan kwaai hemofilie gely het, was te siek om sy ouers te vergesel en het saam met sy susters Olga, Tatjana en Anastasia in Tobolsk agtergebly tot in Mei 1918. Die familie en 'n paar werknemers is aangehou in Jekaterinburg se Ipatijef-huis, wat genoem is "Die Huis met 'n Spesiale Doel" (Russies: Дом Особого Назначения, Dom Osobowo Naznatsjenija). thumb|200px|Nikolaas II, Tatjana en die hofdame Anastasia Hendrikowa werk in Mei 1917 in 'n kombuistuin by die Aleksander-paleis. By die Ipatijef-huis was daar geen sulke luukses nie.
Die Huis met 'n Spesiale Doel Die Romanofs is in algehele isolasie in Ipatijef-huis aangehou.Rappaport, p. 20. Hulle mag geen ander taal as Russies gepraat het nie.Rappaport, p. 23. Hulle het geen toegang gehad tot hulle bagasie, wat in 'n buitekamer gehou is, nie. Hulle kameras en fotografiese toerusting is gekonfiskeer.Rappaport, p. 22. Die bediendes mag hulle net aangespreek het op hulle naam en patroniem.Rappaport, p. 102. Die gesin se besittings is gereeld ondersoek en hulle geld gekonfiskeer "om deur die tesourier van die Oeralse Sowjet veilig gehou te word".Rappaport, p. 31. Daar was pogings om Aleksandra en die dogters se goue armbande van hulle polse te verwyder.Rappaport, Four Sisters (2014), p. 372. Die huis was omring deur 'n vier meter hoë, dubbele houtheining sodat daar nie 'n uitsig uit die huis op die strate was nie.Massie, p. 283.
thumb|links|220px|Ipatijef-huis met die houtheining, wat opgerig is net voor Nikolaas, Aleksandra en Maria op 30 April 1918 daar aangekom het. Links bo in die huis is 'n soldervenster waar 'n geweer gestaan het. Die tsaar en tsarina se slaapkamer was reg daaronder.Radzinsky, p. 383. thumb|links|220px|Die Kerk op Bloed (links bo), waar die Ipatijef-huis eens gestaan het. Op die voorgrond is die Woznesenski-kateraal, waar 'n masjiengeweer in die kloktoring opgestel is wat op die tsaar en tsarina se slaapkamer gerig was.John Browne, Hidden Account of the Romanovs, p. 471. Die vensters in al die kamers van die gesin is verseël en met koerante toegemaak (dit is later, op 15 Mei, wit geverf).Massie, p. 278. Die enigste bron van ventilasie was 'n soort boluik (fortotsjka) in die groothertoginne se kamer, maar niemand mag daar uitgekyk het nie; in Mei het 'n wag op Anastasia geskiet toe sy uitkyk.Rappaport, p. 16. Ná verskeie versoeke deur die Romanofs is een van die twee vensters in die tsaar en tsarina se hoekkamer op 23 Junie 1918 ontseël.Massie, p. 289. Die wagte is beveel om hulle toesig te verskerp; niemand mag by die venster uitgekyk of tekens na iemand buite gestuur het nie, want dan sou hulle geskiet word.Rappaport, p. 17. 'n Ysterrooster is op 11 Julie aangebring nadat Aleksandra herhaalde waarskuwings van kommandant Joerofski geïgnoreer het om nie te naby aan die venster te staan nie.Rappaport, pp. 118–119.
Die hoof van die wagte en sy senior assistente het vrye toegang tot enige van die gesin se kamers gehad.Rappaport, pp. 17–18. Die gevangenes moes 'n klokkie lui as hulle die badkamer of toilet buite hulle kamer wou gebruik.Rappaport, p. 29. Daar was streng waterbeperkings nadat die wagte gekla het dat daar 'n voortdurende tekort was.Rappaport, p. 21. Die gesin kon net twee keer per dag buitentoe gaan, 'n halfuur soggens en smiddae. Hulle mag nie met enige van die wagte gepraat het nie.Rappaport, p. 25. Hulle het soggens tee en brood gehad en smiddae dun snye vleis of sop. Hulle is ingelig dat hulle "nie meer soos tsaars mag lewe nie".Rappaport, p. 24. Middel Junie het nonne van die Nowo-Tichwinski-klooster op 'n daaglikse basis vir die gesin kos gebring; die meeste is deur die wagte geëet. Die gesin mag nie besoekers ontvang het nie en mag nie pos gestuur of ontvang het nie. Prinses Helen van Serwië het die huis in Junie besoek, maar is toegang geweier terwyl die wagte gewere op haar gerig het.Rappaport, p. 34. Dokter Wladimir Derewenko se gereelde besoeke om Aleksei te behandel, is gestaak nadat Joerofski kommandant geword het. Geen besoeke aan die nabygeleë kerk is toegelaat nie. Vroeg in Junie het die gesin nie meer hulle daaglikse koerante gekry nie.
Om 'n sin van normaliteit te handhaaf het die Bolsjewiste op 13 Julie 1918 vir die Romanofs gejok deur te sê twee van hulle getroue bediendes, Klimenti Nagorni (Aleksi se matroos-oppasser)Rappaport, Four Sisters (2014), p. xv. en Iwan Sednef (die hertoginne se lakei en die kombuishulp Leonid Sednef se oom),Rappaport, Four Sisters (2014), p. xiv. is uit die jurisdiksie van Jekaterinburg gestuur. Albei mans was in werklikheid reeds dood: Nadat die Bolsjewiste hulle uit Ipatijef-huis verwyder het, het die Tsjeka hulle en 'n groep ander gevangenes op 6 Julie geskiet uit weerwraak vir die dood van Iwan Malisjef, die voorsitter van die Oeralse streekkomitee van die Bolsjewisteparty, wat deur die Wit beweging vermoor is.Rappaport, p. 157.
thumb|300px|'n Kaart van die laaste dae van Rusland se keiserlike gesin. Die 16 mans wat in die huis waggehou het, het tussen wagbeurte in die kelder, gang en komandant se kantoor geslaap. Die buitewagte, onder Pawel Medwjedef, het 56 getel en het die Popof-huis aan die oorkant ingeneem. Die wagte mag vroue in die Popof-huis en die kelders van die Ipatijef-huis ingebring het vir seks en drinksessies.Rappaport, p. 171. Daar was vier masjiengewere wat staangemaak is: een in die kloktoring van die Woznesenski-katedraal wat op die huis gerig was; 'n tweede een in die keldervenster van die Ipatijef-huis wat op die straat gerig was; 'n derde een op die balkon wat oor die tuin agter die huis uitgekyk het; en 'n vierde een reg bokant die tsaar en tsarina se slaapkamer wat op die kruispad gerig was. Daar was 10 wagposte in en om die Ipatijef-huis en die buitekant is dag en nag twee keer per uur gepatrolleer.