Die Sredinni-bergreeks (Russies: Срединный хребет, Sredinni chrebjet, "Middelreeks") is 'n bergreeks op die Kamtsjatka-skiereiland in Rusland. Dit strek van noordoos tot suidwes in die middel van die skiereiland en bestaan uit vulkane, veral skild- en stratovulkane. Die hoogste piek is Itsjinski, 'n stratovulkaan van 3 607 m hoog. Die Sredinni-reeks word in die ooste, by die Sentrale Kamtsjatka-laagte, geskei van die Oostelike Reeks (Восточный хребет, Wostotsjni chrebjet) wat van noord tot suid aan die kus loop.

Die berge word tans bedek met klein berggletsers, wat bydra tot Kamtsjatka se beskrywing as die streek in Noordoos-Asië met die meeste gletsers. Gletsers bedek 'n gebied van rofweg 592 km2.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Vulkane