duimnael|Erge psoriatiese artritis van beide voete en enkels. Let op die veranderinge aan die naels. Psoriatiese artritis is 'n langtermyn inflammatoriese artritis wat by mense wat dikwels ook die outo-immuun siekte psoriase het voorkom.
Simptome Die klassieke kenmerk van psoriatiese artritis is swelling van die hele vingers en tone met 'n worsagtige voorkoms. Dit gebeur dikwels in verband met veranderinge aan die naels soos klein gaatjies in die oppervlak van die naels, verdikking van die naels en die nael wat van die naelbed ontkoppel. Gewoonlik word velveranderinge wat ooreenstem met psoriase (bv. rooi, skubberige en jeukerige vel) gevind voor die aanvang van psoriatiese artritis, maar psoriatiese artritis kan die uitslag voorafgaan by 15% van geaffekteerde individue. Geaffekteerde gewrigte is oor die algemeen rooi of warm om aan te raak.
Pyn kan in die laerug area van die heiligbeen voorkom as gevolg van onder meer spondilitis, wat in 40% van die gevalle teenwoordig is. Pyn kan in en om die voete en enkels voorkom, veral entesitis in die Achillespees of plantar fasciitis in die voetsool.
Oorsake Genetika is vermoedelik by die ontwikkeling van psoriatiese artritis sterk betrokke. Daar word vermoed dat obesiteit en sekere vorme van psoriase die risiko daarvan verhoog.
Epidemiologie Psoriatiese artritis raak tot 30% van mense met psoriase en kom by beide kinders en volwassenes voor. Ongeveer 40-50% van individue met psoriatiese artritis het die HLA-B27 genotipe. Die toestand is minder algemeen by mense van Asiatiese of Afrika-afkoms en raak mans en vroue ewe veel.
Kyk ook Leflunomied - behandeling vir psoriatiese artritis
Aantekeninge
Verwysings
Kategorie:Siektes