Babiana lobata is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en is deel van die struikveld. Dit kom in die Sentraleberge in die Richtersveld voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 1 031 km² en daar is vyf subpopulasies wat bedreig word deur oorbeweiding en vertrapping deur vee. Erosie is ook 'n bedreiging op die berghellings.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

lobata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika