Babiana melanops is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Darling tot by Mamre en die Tulbagh-vallei voor. Dit is deel van die fynbos en renosterveld. Dit het 'n voorkomsgebied van 5400 km² en daar is tot tien subpopulasies. Die plant het reeds meer as 70% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing. Die oorblywende subpopulasies word bedreig deur indringerplante, die bedryf van steengroewe, te veel brande en die afwesigheid van spesialis insekte wat die bevrugting moet doen.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

melanops Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika