Babiana namaquensis is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is inheems aan die Noord-Kaap en Namibië. Dit kom van die suide van Namibië tot by die Anenouspas in die Richtersveld, in die strand- en woestyn duineveld voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4779 km². Daar is vyf tot tien subpopulasies en die spesie word bedreig deur oorbeweiding en mynbou aktiwiteite. Die populasie se getalle is besig om ta daal.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
namaquensis Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika