Die stinkbobbejaantjie (Babiana odorata) is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Durbanville voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 3500 km² en het groot gedeeltes van sy habitat afgestaan aan graan verbouing en voorstedelike ontwikkeling, veral by Malmesbury en Darling. Indringerplante is ook 'n bedreiging vir die oorblywende subpopulasies.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
odorata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika