Babiana montana is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Caledon tot by Bredasdorp voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van net kleiner as 3 000 km² en is deel van die fynbos en renosterveld. Dit het egter meer as 70% van sy habitat afgestaan aan graanverbouing die afgelope 70 jaar. Die oorblywende drie subpopulasies word bedreig deur indringerplante en oorbeweiding deur vee.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
montana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika