Babiana angustifolia is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat wat hoort tot die familie Iridaceae en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Piketberg tot by Somerset-Wes. Die plant het 'n voorkomsgebied van 6000 km² maar het reeds 95% van sy habitat afgestaan aan graan verbouing en ontwikkeling die afgelope 80 jaar. Ten minste 20% van die verlies het die afgelope 20 jaar plaasgevind. Die neiging hou steeds aan, veral by Gordonsbaai en Gouda.
Galery
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
angustifolia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika