Babiana blanda is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae en is deel van die renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom vanaf Darling tot by Milnerton en Agter-Paarl voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 63 km² en daar is twee gefragmenteerde subpopulasies. Die spesie het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan stedelike ontwikkeling en gewasverbouing. Die spesie was vir 'n paar lank as uitgestorwe beskou maar in 2006 en 2007 is dié twee subpopulasies gevind. Indringerplante is ook 'n bedreiging.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

blanda Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika