Babiana avicularis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae en is deel van die Leipoldtville-fynbos en Langebaan-strandveld plantegroei. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom op die kusvlakte tussen Elandsbaai en Clanwilliam voor en het 'n voorkomsgebied van 199 km². Daar is vier subpopulasies en die spesie word bedreig deur die aanplant van aartappels.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

avicularis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika