Michael Lucas (gebore Andrei Lwowitsj Treiwas; Russies: Андрей Львович Трейвас; 10 Maart 1972) is 'n Russies-Joodse, gay pornografiese akteur,Bunder, Leslie (18 Augustus 2006), "Entertaining gay Israeli troops" , besoek by www.somethingjewish.co.uk op 3 September 2006. regisseur, joernalis en sakeman, en die stigter en hoof- uitvoerende beampte van Lucas Entertainment, Manhattan se grootste vervaardiger van gay pornografie. Hy was tot in 2019 ook 'n rubriekskrywer vir die LGBT-tydskrif The Advocate, HuffPost en Pink News
Lewe en loopbaan Lucas is op 10 Maart 1972 in Moskou, Sowjetunie (nou Rusland) gebore vir Ljef Bregman, 'n ingenieur, en Jelena Treiwas, 'n onderwyseres. Hy is in 'n sekulêre Joodse gesin grootgemaak. Hy het in 1997 na New York verhuis. Hy is veral bekend vir sy aktivisme en uitgesprokenheid.Gay Porn's Neocon Kingpin , James Kirchick, The New Republic via CBSNews.com, 20 Maart 2006.GAYVN Announces 2009 Hall of Fame Inductees , Harker Jones, AVN, 12 Maart 2009. Sy kritiek op dwelmgebruik en sy borgskap van advertensies oor die gevare van onbeskermde seks in die gay gemeenskap het daartoe gelei dat Harvey Fierstein vir The Advocate 'n onderhoud met hom gevoer het.22 Russians Who We Won't Let Vladimir Putin Forget Were LGBT advocate.com, 6 Augustus 2013
Lucas het in 2009 die rolprent Men of Israel uitgereik, wat as sy belangrikste prent beskou word. Dit is in verskeie publikasies genoem as 'n landmerkprent: die eerste pornofliek met net Israeliese akteurs.Great Exxxpectations , Wayne Hoffman, Tablet Magazine, 21 Julie 2009.Gay-Porn Mogul Hopes to Arouse Interest in Israel, David Graham, Newsweek, 23 September 2009.First-Ever All-Israeli Gay Porn Movie , DNA, 9 Mei 2009. Lucas het die prent opgevolg met 'n gay toer deur Israel.
Volgens hom is sy prent Michael Lucas' La Dolce Vita die duurste gay pornofliek wat ooit gemaak is, teen 'n koste van $250 000 en met kameeverskynings deur verskeie vermaaksterre. In 2009 is Lucas in die GayVN-heldesaal opgeneem. Hy het ook in 2009 in 'n artikel in die tydskrif New York verskyn oor mense wat met baie min in die stad aangekom en tog beroemd geraak het.Waking Up to New York , New York Magazine, 10 April 2009.
Onlangse jare Lucas het in onlangse jare ook dokumentêre prente begin maak.Huffington Post | Porn Magnate Michael Lucas To Release Documentary About Being Gay In Russia (VIDEO) | http://www.huffingtonpost.com/2014/02/20/michael-lucas-documentary-gay-russia_n_4816848.html In 2012 het hy sy eerste dokkie uitgereik, oor die florerende Israeliese LGBT-gemeenskap. Dit het die titel Undressing Israel: Gay Men in the Promised Land, en sluit tonele in van Tel Aviv se lewendige naglewe, 'n Israeliese selfdegeslaghuwelik en onderhoude met uiteenlopende Israeliese gays en lesbiërs, insluitende 'n gay militêre polisieman, gay weermagopleier, fopdosser, transvestiet en selfdegeslagouers en hulle kinders. In 2014 het hy sy tweede dokkie uitgereik: Campaign of Hate: Russia and Gay Propaganda. Dit gaan oor die huidige antigayklimaat in Rusland.Breaking Glass Pictures | Campaign of Hate: Russia and Gay Propaganda | http://bgpics.com/index.php/template-styles/new-releases/item/235-campaign-of-hate
Verwysings
Skakels Amptelike webtuiste
Michael Lucas by die Adult Film Database
Kategorie:Russiese rolprentregisseurs Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Pornografiese akteurs Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense