Babiana ambigua is 'n meerjarige blomplant en knolagtige geofiet wat hoort tot die familie Iridaceae en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom voor vanaf die Gifberg, suidwaarts tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts langs die kus tot by Riversdal. Daar is twintig subpopulasies en sommiges in die lae kus gedeeltes, word bedreig deur indringerplante en ontwikkeling. Gelukkig is die spesie so wyd versprei dat dit nie sy voortbestaan bedreig nie.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

ambigua Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika