ActionSA is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2020 deur die voormalige burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, gestig is kort nadat hy die Demokratiese Alliansie verlaat het.

Die party verklaar dat dit gestig is om "Suid-Afrika vry te maak van die beperkings van 'n gebroke politieke stelsel en 'n voorspoedige, nie-rassige en veilige toekoms vir al sy mense te bou." en dat dit die ideaal volg van "Optree as Een om 'n voorspoedige, nie-rassige en veilige toekoms vir alle Suid-Afrikaners te bou."

Vorming Op 29 Augustus 2020 het Herman Mashaba aangekondig dat hy 'n nuwe politieke party gestig het. Dié party sou as ActionSA bekend staan en hy was van plan om vir die drie Gautengse metrostede (Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane) in die plaaslike regeringsverkiesing van 2021 deel te neem. Die party het gou bekendheid verwerf toe dit voormalige politici bymekaar gebring het wat ontevrede was met groot partye soos die DA en ANC. Makhosi Khoza, Vytie Mentor, André Coetzee en David Tembe was van die voormalige ANC-politici wat by die nuutgestigte ActionSA aangesluit het. Op 5 Oktober 2020 het die voormalige DA-provinsiale leier, John Moodey, aangekondig dat hy by ActionSA aangesluit het. Kort daarna is hy gevolg deur talle voormalige DA-raadslede, saam met leiers soos Abel Tau, Funzi Ngobeni en voormalige Johannesburgse DA-jeugleier, Lincoln Machaba.

In 'n verrassende skuif het die voormalige DA-swaargewig Athol Trollip by "Action SA" aangesluit op 9 Februarie 2022, en is dadelik die pos van provinsiale voorsitter van ActionSA in die Oos-Kaap aangebied.

Die party is spoedig gekritiseer deur die leier van die DA, John Steenhuisen, wat gesê het dat "elke keer wat 'n kieser vir 'n kleiner party soos ActionSA stem, hy in effek die ANC se posisie verstewig. Wanneer die verkiesing verby is en hierdie kiesers ontgogel is deur 'n eenman-party met slegs streeksverteenwoordiging, keer hulle weer terug na die DA, maar dan is die skade reeds gedoen vir die volgende 5 jaar".

Waardes Volgens die party se webwerf het die party sewe kernwaardes:

Verkiesingshervorming Ekonomiese welvaart Nie-rassigheid Kwaliteit onderwys Sosiale geregtigheid Etiese leierskap

Samesmelting tussen ActionSA en Forum for Service Delivery In Januarie 2025 het ActionSA met die Forum for Service Delivery saamgesmelt en beplan om die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 onder die ActionSA-vaandel mee te ding. Forum for Service Delivery se partyleier, Mbahare Kekana, is as adjunkpresident van ActionSA aangestel.

Verkiesingsresultate

Munisipale verkiesings VerkiesingStemme%Setels 2021 556 721 1,82% 90

Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2024 192 373 1,2 6

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika