Die Skurweberge is 'n bergreeks in die Wes-Kaap van Suid-Afrika. Dit lê wes en suidoos van Ceres en skei die Warm Bokkeveld van die Boland. Digby Ceres gaan die Michellspas eers oor die berg en dan deur die kloof van die Dwarsrivier. Dié area word in die Ceres-natuurreservaat bewaar, en sluit die valle en versnellings van die Dwarsrivier in. Die berge vorm deel van die Kaapse Plooigordel, en Sneeukop (2 070 m) is die hoogste piek.

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika