Ceratandra atrata is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ceratandra behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Die plant word tot 35 cm hoog en het nou blare, die blomme is groenerig-geel. Die plant blom van Oktober tot Desember nadat dit gebrand het.

Die blomme word deur die byespesie Rediviva gigas besoek om olie te versamel.

Galery

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online John Manning. 2018. Field Guide to Fynbos, Struik Nature, 2018

Verwysings

atrata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika