Haemanthus canaliculatus is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Haemanthus behoort. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Rooiels tot by Bettiesbaai voor. Dit het 'n voorkomsgebied van kleiner as 50 km² en daar is drie subpopulasies me minder as 1 000 plante in totaal. Die plant word bedreig deur ontwikkeling, te veel brande en die versameling van die plante en blomme deur tuinboukundiges.
Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online
canaliculatus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika