Paulin Soumanou Vieyra (31 Januarie 1925 – 4 November 1987) was 'n Beninese/Senegalese filmregisseur en historikus. Aangesien hy ná die ouderdom van 10 in Senegal gewoon het, is hy meer geassosieer met daardie land.
Agtergrond Hy is gebore in Porto Novo, Benin, en het opgevoed in Parys, Frankryk,Houngnikpo & Decalo 2013, p. 357. waar hy aan die Institut des hautes études cinématographiques studeer het. In 1955 in Parys het hy die eerste Franstalige Afrika film, Afrique sur Seine, verfilm. Sy ander belangrike prestasies vir film in Afrika sluit in die stigting van die "Fédération panafricaine des cinéastes" in 1969.
In 1971 was hy 'n lid van die jurie by die 7de Moskou Internasionale Rolprentfees. Twee jaar later was hy 'n lid van die jurie by die 8ste Moskou Internasionale Rolprentfees In 1985 was hy 'n lid van die jurie by die 14de Moskou Internasionale Rolprentfees.
Hy is in 1987 op 62 jarige leeftyd in Parys oorlede."Vieyra, Paulin Soumanou", Library of Congress.
Persoonlike lewe In 1961 trou hy met die digter Myriam Warner van Guadeloupe. Een van sy susters is Justine Vieyra, gebore in Parako.
Werke Films 1954 : C’était il y a quatre ans 1955 : Afrique-sur-Seine 1957 : L’Afrique à Moscou national des arts nègres; Môl 1967 : Au marché; La bicyclette; Le gâteau; Rendez-vous 1974 : Écrit de Dakar; L’art plastique 1976 : L’habitat rural au Sénégal; L’habitat urbain au Sénégal 1981 : Birago Diop; En résidence surveillée, L’envers du décor; Les oiseaux 1982 : Iba N’diaye
Boeke Le Cinéma et l'Afrique, 1969 Sembène Ousmane cinéaste, 1972 Le Cinéma africain des origines à 1973, 1975 Le Cinéma au Sénégal, 1983
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 1987 Kategorie:Regisseurs