Die Wasbankpas is op ‘n belangrike toeristiese roete op die suidelike grens van die Groot-Karoo.
Hierdie pas is by 33° 21′ suid, 20° 50′ oos en ‘n 30km van Laingsburg in die rigting van Zoar en Amaliënstein. Langs hierdie pad is die Floriskraaldam, Seweweekspoort (deur die Klein Swartberge) en die Bosluiskloofpas (‘n toegang tot Gamkaskloof).
Die pas bereik ‘n hoogte van 798m bo seespieël en ‘n maksimum helling van 1:8.
Lees ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika Nepgenpas
Bibliografie Slingsby, Peter: Tankwa-Karoo & the Roggeveld Escarpment. Slingsby Maps, 2018. www.slingsbymaps.com
Eksterne skakels Wasbankpas op mountainpassessouthafrica tracks4africa.co.za
Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika