thumb|200px|Die ligging van die Klein-Koerile (in rooi links onder). thumb|200px|Koenasjir, met die Klein-Koerile daaronder. Sjikotan is heel regs.
Die Klein-Koerile (Russies: Малая Курильская гряда, Malaja Koerilskaja grjada) is 'n groep eilande in die Stille Oseaan en deel van die Koerile-argipel. Dit sluit Sjikotan, Habomai en verskeie eilande naby Sjikotan in.
Die Klein-Koerile is deel van die Joezjno-Koerilski-distrik van Sachalin-oblast in Rusland. Die Japannese regering beweer dié eilande is nie deel van die Koerile nie, maar van Hokkaido, en maak dus aanspraak daarop.Northern Territories Issue Управление по вопросам Северных территорий общего департамента губернаторства Хоккайдо
Geografie Die Klein-Koerile lê naby die suidwestelike punt van die Groot-Koerile en word daarvan geskei deur die Straat van die Suid-Koerile. Die hoogste punt is 412 m (op Sjikotan) en dit is altesaam 100 km lank. Die totale oppervlakte is 360,85 km2.
Die klein ketting sluit ses groot en verskeie klein eilande in. Die eilande en die buureiland Koenasjir word deur BirdLife International erken as belangrike voëlstreke vanweë bevolkings van verskeie bedreigde voëlspesies, insluitende baie water-, see- en waadvoëls.
Die oppervlak van die eilande is meestal plat of effens heuwelagtig. Spar- en ander woude, sowel as struikgewasse is wydverspreid op Sjikotan. Op die ander eilande kom geen woude voor nie. Die maksimum hoogte is 405 m (Sjikotan-stad). Te oordeel na die waarneming van die broeitydperk van sommige knaagdiere, wat tot November hier duur, is die klimaat op die eilande van die Klein-Koerile selfs matiger as op Koenasjir. // DisCollection.ru
Eilande NaamOppervlakte, km2 Hoogste punt, mBreedtegraadLengtegraadFotoKlein-Koerile Sjikotan 264,13 412 43°48' 146°45' 80px Griga 1,26 70 43°45′ 146°47′ 80px Aiwazofski 0,79 58,8 43°44′ 146°42′ 80px Polonski 11,57 16 43°38' 146°19' 80px Oskolki 0,2 38 43°35' 146°25' 80px Zeljoni 58,72 24 43°30' 146°08' 80px Tanfiljef 12,92 15 43°26' 145°55' 80px Joeri 10,32 44 43°25' 146°04' 80px Djomin-eilande 0,7 34 43°25' 146°10' 80px Storozjewoi 0,07 9,0 43°23′ 145°29′ 80px Anoetsjin 2,35 33 43°22' 146°00' 80px
Verwysings
Skakels
Kategorie:Koerile