200px|thumb|Die Groot-Koerile (in rooi aangedui). Daaronder lê die Klein-Koerile. Die Groot-Koerile (Russies: Большая Курильская гряда, Bolsjaja Koerilskaja grjada) is deel van die Koerile-argipel in die Stille Oseaan. Dit sluit eilande van die Suid-Koerile soos Itoeroep en Koenasjir in.

Aan sy suidwestekant word die Groot-Koerile van die Klein-Koerile geskei deur die Straat van die Suid-Koerile. Die hoogste punt op die Groot-Koerile is 2 339 m (op Atlasof-eiland). Die eilande is altesaam 1 200 km lank. Die totale oppervlakte is 10 100 km2.

Die Groot-Koerile is deel van Sachalin-oblast in Rusland. Itoeroep en Koenasjir is onder Russiese beheer, maar dit word deur Japan betwis.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Koerile