Die Shepstone-familie het ‘n prominente rol gespeel in die geskiedenis van Suid-Afrika en KwaZulu-Natal in die besonder. Hulle oorheersende rol was nie slegs beperk tot die politieke terrein nie, maar was ook op die administratiewe, regterlike, kerklike en maatskaplike gebied.

Die bekendste familielede was

John William Shepstone (Westbury-on-Trym, Bristol, Engeland, 1796 - Kamastone, naby Queenstown, in die Oos-Kaap, 26 Mei 1873) Britse setlaar in 1820, Wesleyaanse sendeling

sir Theophilus Shepstone seun van eerw. John William Shepstone Theophilus het 6 seuns en 3 dogters gehad

John Wesley ("Misjan") Shepstone (Grahamstad, 29 Maart 1827 - Pietermaritzburg, 23 Januarie 1916) vierde seun van eerw. J.W. Shepstone J.W. Shepstone was ‘n Natalse staatsamptenaar, landdros, regter, diplomaat, kenner van die Zulu-taal en -kultuur

Henrique Charles Shepstone (Peddie, 18 Januarie 1840 - Durban, 17 Oktober 1917) oudste seun van sir Theophilus Henrique was staatsamptenaar in Natal en Transvaal, landdros, regter, Zulu-raadgewer, Zulu-taalkundige uitstaande sportman: krieket en ruiter

Theophilus (“Offy”) Shepstone (Peddie, 19 Junie 1843 - Johannesburg, 7 Maart 1907) derde seun van sir Theophilus prokureur, advokaat, Natalse politikus, Zulu-raadgewer, boer, kenner van Afrika-tale, soldaat, adviseur vir die Swazi’s van 1887-1891 veelsydige sportman

Francis Alan (Frank) Shepstone (25 April 1879 – 1952) seun van Offy regter

Dennis Gem Shepstone (7 Februarie 1888- ) agterneef van sir Theophilus administrateur van Natal 1948-1958

Basil John Shepstone Rhodes-beurs-wenner in 1959

Bibliografie Leverton, B.J.: The Shepstone Papers. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 15, nr. 3, Maart 1966.

Kategorie:KwaZulu-Natal