Moraea namaquamontana is 'n plant en geofiet wat tot die genus Moraea behoort. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom in die Richtersveld op die Stinkfonteinberg voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 87 km² en word selde gesien omrede dit net blom na goeie reën. Die plant word bedreig deur oorbeweiding. Dit is deel van die Stinkfonteinberg kwartsiet fynbos.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika namaquamontana