Paramoesjir (Russies: Парамуши́р; Japannees: 幌筵島, Paramushiru-tō; Ainoe: パラムシㇼ, Para=moe=sir), is 'n vulkaniese eiland in die noordelike deel van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Dit word in die noordooste deur die smal Tweede Straat van die Koerile van 2,5 m van die eiland Shoemsjoe geskei, in die suidweste deur die Straat van Loezhin van 15 km van die eiland Antsiferof en in die suide deur die Vierde Straat van die Koerile van 20 km van Onekotan.

Die eiland, met 'n oppervlakte van 2 053 km2, se noordelike punt lê 39 km van Kaap Lopatka aan die suidpunt van die Kamtsjatka-skiereiland. Sy naam kom van die taal Ainoe en beteken "Breë Eiland" of "Digbevolkte Eiland". Sewero-Koerilsk, die administratiewe hoofstad van die Sewero-Koerilski-distrik, is die enigste permanent bevolkte nedersetting op Paramoesjir.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Koerile