Onekotan (Russies: Онекота́н; Japannees: 温禰古丹島, Onekotan-tō; Ainoe: オネコタン of オネコタㇴ), is 'n onbewoonde vulkaniese eiland in die noorde van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Die naam kom uit die taal Ainoe en beteken "groot dorp".
Dit is naas Paramoesjir die grootste eiland in die noordelike groep eilande. Dit val administratief in die Sewero-Koerilski-distrik van Sachalin-oblast, Rusland.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Koerile