Sjoemsjoe (Russies: Шумшу́; Japannees: 占守島, Shumushu-tō; Ainoe: スㇺス) is die tweede noordelikste eiland van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan. Die naam kom van die taal Ainoe en beteken "Goeie Eiland".
Sjoemsjoe word van die eiland Paramoesjir geskei deur die baie smal Tweede Straat van die Koerile (2,5 km) in die noordooste, en sy noordelikste punt is 11 km van Kaap Lopatka aan die suidpunt van die Kamtsjatka-skiereiland. Die eiland het 'n seisoenale bevolking van sowat 100.
Bronne Krasheninnikov, Stepan Petrovich, en James Greive. The History of Kamtschatka and the Kurilski Islands, with the Countries Adjacent. Chicago: Quadrangle Books, 1963.
Skakels
Kategorie:Koerile